Status Quo Twaing Munisipaliteit

Werknemers van die Tswaing Munisipaliteit het 16 dae na hul kontraktuele ooreenkoms vir ontvangs van betaling hulle salarisse ontvang.  Tswaing Munisipaliteit het nie die vermoë gehad om salarisse te betaal nie.  Werkers het kennisgewings ontvang waarin bevestig is dat die aftrekkings vir hul bybetalings by hule pensioenfondse vir die afgelope 3 maande nie ontvang is nie. Werkers het gedurende hierdie periode wel by die werk opgedaag maar geweier om te werk totdat salarisse ontvang is.

In Sannieshof het rou riool weer in elke erf oorgeloop en straatlangs afgeloop weens die sloerstaking.  Inwoners is moedeloos met die wanfunksionerende krisis bestuur van Tswaing se tegniese afdeling wat oor die afgelope 5 jaar met rampbestuur in stand gehou word.

‘n Klag is op 25 Mei by die SAPS op Sannieshof ingedien oor die uitbrand van ‘n skakelaar by die Agisanang rioolwerke sonder enige kontrole of hulp van Tswaing Munisipaliteit.   Rou riool het vir meer as ‘n week uit die rioolstasie by Agisanang in die Hartsrivier  opvangsgebied afgestroom.  SIBU het die skakelaar herstel  om die riool oorloop na die Hartsrivier te keer en die Departement van Waterwese in kennis gestel.  Die Tswaing Munisipaliteit is daardie etlike kere geskakel, boodskappe is gelaat en niemand het opgedaag nie.  Die operateurs wat veronderstel is om aan diens te wees, kon ook nerens gevind word nie.   Waterwese het binne 24 uur ‘n inspeksie kom doen.  Die saak word vir nalatige bestuur ondersoek.

Die Tswaing Munisipaliteit, wat onder administrasie is, het ook sedertdien ‘n brief van Escom se Sentrale Streek ontvang.  Tswaing is daarmee in kennis gestel dat opdrag gegee is vir die opskorting van elektrisiteits toevoer na Sannieshof, Delareyville en Ottosdal nadat Tswaing die voorsienings ooreenkoms verbreek het deur nie die betalings ooreenkoms met Escom te eer nie ingevolge hul kontrak voorwaardes.  Dit stel Escom instaat om krag toevoer na die verbruikers op te skort.   Die inwoners van hierdie dorpe het gedurende hierdie periode hul elektrisiteits rekeninge betaal.  Die agterstallige bedrae is OTTOSDAL R2 287 660,67  SANNIESHOF R1 700 000,00 en DELAREYVILLE  R5 032 191,00.

Tswaing is 14 dae kennis gegee om die rekeninge te betaal.  Tot op datum is geen gelde vir die agterstallige rekeninge deur Escom ontvang nie.

Mev Visser van SIBU poog om kontak te maak met die Streeksbestuurder van Escom om te versoek om nie die elektrisiteits voorsiening na Sannieshof te onderbreek nie.  Die inwoners het hulle betalingsverpligtinge getrou nagekom, deur die maandelikse betaling van hulle elektrisiteits rekeninge aan Tswaing te betaal, maar Tswaing Munisipaliteit het nie hulle kontraktuele verpligtinge teenoor Escom nagekom nie.  Die kontrakbreuk waarin Tswaing Munisipaliteit skuldig is, is onder die aandag van NERSA gebring.  Die ANC regering is verantwoordelik vir die totale wanbestuur van die Noordwes Munisipaliteite wat tans almal op die afsnydingslys van Escom is. (Bewyse beskikbaar)  Die inwoners wat getrou hulle rekenings vereffen het, of wat van voorafbetaalde krag gebruik maak, het nie beheer oor die wanbesteding van fondse van munisipaliteite  en die derhalwe agterstallige elektrisiteits rekeninge nie.

Nadat transport besighede Mev Visser genader het en in kennis gestel het dat hule vragmotors met vrag en al gekonfiskeer word as ‘n gesteelde voertuig of swaar beboet word omdat ‘n padwaardigheidsertifikaat nie uitgereik is nie, het Mev Visser vir Mnr Mose, die Administrateur hiervan in kennis gestel.  Mev Visser het die maatskappy gekontak om die remtoetsmasjien te kom herstel.  Dit is binne 2 dae herstel en indien Tswaing nie die rekening kan betaal nie, het Mev Visser onderneem om die rekening te betaal uit die fondse van Delareyville, Sannieshof en Ottosdal.  Mnr Mose het gereel dat die Provinsiale inspeksie gedoen word sodat die stasie weer normale werksaamhede kan vervat.

Tswaing Munisipaliteit het ook vir die 5de agtereenvolgende jaar nie die wettige prosedures in die begroting gevolg t.o.v publieke deelname of insae nie.  Die inwoners van Sannieshof het weer die begroting afgekeur hoewel dit deur die Raad aangeneem is.  Een van die hoofredes daarin is dat die totale bedrag vir salarisse en lone R8 miljoen meer is as die verwagte inkomste ontvang van belastings.

Hoewel COGTA die omkeerstrategie bekend gemaak het om munisipaliteite reg te ruk, is dit nog nie in een munisipaliteit in Noordwes geïmplimenteer nie.  Inteendeel die afwesigheid in ondersteuning van COGTA na die Noordwes se insolvente munisipaliteite word daagliks meer sigbaar.

Tags:

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.