Wild Coast

News from the Wild Coast:

Chairman:  Louis de Wet

Hier by ons aan die Oos Kaapse Wilde kus noord-oos van Oos Londen gaan dit ook maar moeilik met ons plaaslike munisipaliteit nl Great Kei Municipality. As gekyk word na die aangehegde oudit verslag van Junie 2008 kan gesien word dat Ouditeur Generaal nie baie vleiend is nie om die minste te sê. As gekyk word na die begroting vir 2009/2010 sal jy sien dat die personeel uitgawes alleen R 18.8 milj rand beloop terwyl die inkomste, “GRANTS UITGESLUIT” slegs R 16 milj beloop. Hoe is dit moontlik ! As dit dus nie vir die grants was nie, was ons ook in die bollie (letterlik) soos Sannieshof. Terloops die begrote personeel uitgawes van die Munisipale bestuurder se departement beloop R 1.8 milj. Ek weet nie hoeveel mense werk in die departement, maar dit kan seker nie baie wees nie.

Op 27 Januarie 2009 het ons, dis nou ‘n paar dorpies hier langs die kus op, ‘n dispuut verklaar met die munisipaliteit. Tot dusver het ons weinig van hulle kant af hieroor gehoor. Dienslewering van hulle kant af bestaan vir alle praktiese doeleindes nie meer nie. Gelukkig kon sekere van die funksies deur die Amatola Distriks Munisipaliteit oorgeneem word, wat darem nog redelik aangaan, verder doen die belasting betalers vereniging maar van die belangrikste werk. Stel hulle in kennis dat julle nou die dienste self verrig in terme van art’s 76-86 van die Munisipale Stelsels Wet32/20000

Sommige van die dorpe in die streek hou al reeds hulle belasting geld terug en ons hier by Cintsa Oos is in die proses om dit te finaliseer.

Daar was gister ook ‘n optog na die Great Kei Munisipaliteit om ‘n petisie te oorhandig wat eis dat die totale munisipale raad en bestuur bedank. Sien die aangehegde berig wat vandag in die Daily Dispatch verskyn het.

Ons sal jou op hoogte hou oor hoe ons sepie hier ontvou.

Groete

Louis de Wet

Chintsa East Ratepayers & Residents Association. (CERPRA)

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.