The various city and town budgets should be completed by now and ready for public participation. Here is some advice from the NTU:
Die begrotings van u onderskeie munisipaliteite is hopelik teen hierdie tyd afgehandel. Sien art 24 (1) van die MFMA
Die meeste terugvoer wat die NBU van die verskillende dorpe gekry het is dat die insette van die belasting betalers verenigings :
1. Ge-ignoreer is en/of (art 23 (1) (a) van die MFMA 56/2003 )
2. Die insette van u organisasie nie deur die burgemeester op ‘n volle raadsvergadering op gereageer is nie ( art 23 )(2) (a) en/of geen wysigings aan die begrotings aangebring is nie en ook geen wysigings ter tafel gelê is nie . art 23 (2)(b) van die MFMA
3. Dat die riglyne van die Tesourie omsendskrywe no 48 totaal ge-ignoreer is. Art 23(3) van die MFMA . U moet natuurlik versigtig wees want art 23(4) maak voorsiening daarvoor dat die Raad nie gebonde is aan die riglyne van Tesourie nie
4. Dat die waardasie rolle so wesenlik foutief is dat die hef van eiendomsbelasting op grond van die foutiewe waardasie rolle absoluut geen sin maak nie en dit die hele begroting sinneloos maak.
Die terugvoer van die meeste dorpe is dat tariewe onrealisties verhoog is veral die Rand waarde van eiendomsbelasting en dat baie mense , veral pensionarisse, asook sake ondernemings dit uiters moeilik, indien nie onmoontlik, gaan vind ok die verhoogde bedrae te betaal nie.
Dit is die NBU se mening dat die inwoners die begrotings kan verwerp juis omdat die voorskrifte soos hierbo uiteengesit nie aan voldoen is nie. Skriftelike kennisgewingvan die verwerping moet dus aan die munisipaliteit , die LUR en die Dept van Plaaslike Regering gestuur word.
Daar moet egter ook op die bepalings van art 27 (4) gelet word waar bepaal word dat alhoewel daar nie aan die vereistes van die MFMA of enige ander wet voldoen is nie dit nie die begroting se wettigheid affekteer nie. Dit is egter ‘n teenstrydigheid in die wet aangesien dit al die bepalings van die MFMA nullifiseer. Hierdie teenstrydigheid sal moontlik later in ‘n hof uitgeklaar moet word.
Wat die NBU dus nou voorstel is dat u aan u munisipaliteit skryf waarin u die begroting verwerp en dat art 26(1) van die MFMA nou in werking moet tree nl. dat art 139(4) van die Grondwet Wet 108/1996, soos gewysig, toegepas moet word en dat die provinsie moet ingryp. Maak net seker dat u ‘n afskrif van die gewysigde art 139 van die Grondwet in u besit het. Die klein boekies wat destyds uitgegee is het nie die gewysigde artikel 139 in nie.
Kyk veral na art 139(1) (a)(i) wat sê “aan gevestigde minimum standaarde vir die lewering van diens te voldoen.” Kyk ook mooi na art 139(4) waar gesê word “ MOET die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingryp “ . Kyk ook verder na art 139(5) van die Grondwet waar daar gesê word “ in ernstige of volgehoue wesenlike versuim is van sy verpligtinge om basiese dienste te verskaf of om sy finansieële ondernemings na te kom nie MOET die betrokke provinsiale gesag –“ ens. Die provinsies moet dus ingryp op grond van:
1. Dat die inwoners die begroting verwerp het en die begroting derhalwe nie aanvaar is nie en/of
2. Dat daar volgehoue wesenlike versuim is om basiese dienste te verskaf en/of
3. Nie in staat is om sy verpligtinge of finansieële ondernemings na te kom nie
Ons wil dus voorstel dat u aan u provinsiale LUR skryf dat u versoek dat die provinsie in terme van die grondwet moet ingryp op die manier soos in die Grondwet uiteengesit. Kopieë van die skrywes moet ook aan die provinsiale premiers en die Dept. van Plaaslike Regering gestuur word.
Ons stel dus voor dat u ‘n dispuut met u munisipaliteit verklaar, indien u dit nie alreeds gedoen het nie, op grond van die bostaande en waar u reeds ‘n dispuut verklaar het dit byvoeg by die vorige gronde van u dispuut en dat u u gelde weerhou of voortgaan met die weerhouding waar u dit alreeds doen.
Daar is aan ons genoem dat baie mense net eenvoudig nie in staat sal wees om die verhoogde belastings en tariewe te betaal nie. Ons advies is dat waar inwoners sê dat hulle nie die verhogings kan betaal nie hulle net eenvoudig voortgaan om die huidge bedrae te betaal en dat dit nie as wanbetaling beskou sal word nie. Hierdie inwoners moet natuurlik ‘n skriftelike erkenning teken dat hulle besef en aanvaar dat hulle moontlik later wel die verhoogde bedrae sal moet betaal. Dit moet dus as ‘n berekende risiko beskou word.
Soos in vorge skrywes gesê is en bly dit die NBU se standpunt dat inflasie beveg moet word en dat GEEN verhoogde belastings en/ of tariewe, met die uitsondering van elektrisiteit, deur die inwoners aanvaar sal word nie en dat enige tekorte wat die munsipaliteite mag ondervind met die verhaal van agterstallige en uitstaande gelde gefinansier moet word. Dit moet vir u almal ononderhandelbaar wees.